Pointillisme

Detail uit Seuratse La Parade de Cirque (1889) waarop die kontrasterende verfstippels gesien kan word wat in Pointillisme gebruik word

Pointillisme /ˈpɔɪntlɪzəm/ is 'n verftegniek waarin klein, afsonderlike spikkels kleure in patrone aangewend word om 'n beeld te vorm. Die tegniek wat sy oorsprong in Impressionisme het, is in 1886 deur Georges Seurat en Paul Signac ontwikkel. Die term "Pointillisme" is oorspronklik in die laat 1880's deur kunsresensente geskep om met die werk van hierdie kunstenaars die spot te dryf, en word vandag nog gebruik, maar sonder die vroeëre spottende konnotasie.[1] Die beweging staan ook as Neo-Impressionisme bekend. Die Divisioniste het 'n soortgelyke patroon gebruik om beelde te vorm, maar met groter blokkie-agtige kwashale.[2]

  1. "Pointillism."
  2. Ruhrberg, Karl.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search